VAN bakboord na stuurboord in ’n see van riool en uiteindelik nê-rens.
Só het Gerrit de Jager, ’n sakeman van Uitenhage gevoel nadat hy vir twee weke by verskeie amptenare van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, rou stinkende riool - wat deur die Riverside industriële persele vloei - aangemeld het.
Na die aanmeldings het hy navrae hieroor bly doen, maar dit het op niks uitgeloop nie.