Sente vir studente

Die nuwe studieleningsprojek vra nie veel nie, inteendeel, vra dit net die kleingeld in jou beursie.

Dié projek van Solidariteit Helpende Hand, wil in 175 dorpe ’n fonds stig om ’n behoeftige student in die gebied met ’n studie-lening te help.

Helpende Hand het reeds spaarbussies met die Sente vir Studente-kenteken by skole, besighede en winkelsentrums geplaas waarin die publiek hulle sente kan gooi.

“Hierdie projek help om die gemeenskap saam te snoer en deel te laat voel van ’n inisiatief wat ’n blywende impak en verskil in baie lewens kan maak,” sê Marlene Basson, Oos Kaap Streek- organiseerder by Helpende Hand.

“Die Studiefondssentrum sal dan ook elke rand wat ingesamel word, verdubbel tot ’n maksimum van R25 000.

“Ons tel elke sent, want elke sent tel dubbel!”

Daar word gehoop dat die projek genoeg fondse uit die gemeenskap sal genereer om ’n verdienstelike kind in die gemeenskap met ’n rentevrye studielening te help.

Elke dorp sal met die hulp van ’n keuringsproses die geleentheid gegun word om self te besluit watter kind by die fonds sal baat.

Helpende Hand se Studiefondssentrum het in 2016 meer as R31 miljoen uitbetaal om die drome van 1 291 studente te bewaarheid.

  • Vir meer inligting kontak Charlene Freemantle (Despatch Takvoorsitter) by 082 464 6423 of Marlene Basson by 083 501 3166 of marlene@helpendehand.co.za.

Kontak ook vir Melinda Labuscagne by 073 498 4872 of Miempie van Wyk by 081 798 0190 vir inligting oor blikkies in Uitenhage.

Die blikkies gaan tot einde Augustus op die volgende plekke te siene wees in Despatch en Uitenhage:

•Helpende Hand Skenkingswinkel

•Plaasslaghuis

•Vergenoegd Slaghuis

•Karoo Osche

•Grootboom Slaghuis

•La Rochelle

•Retief Kafee

•Despatch Superspar

•Conradie Campher & Kemp

•Cabelo Hair Studio, Uitenhage.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When a Covid-19 vaccine for under 16's becomes available, will you be taking your children to get it?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, immediately!
38% - 3400 votes
I'll wait to see how others respond
26% - 2334 votes
No, I don't think they need it
36% - 3280 votes
Vote
ZAR/USD
14.91
(+0.06)
ZAR/GBP
20.80
(+0.10)
ZAR/EUR
17.99
(+0.30)
ZAR/AUD
11.65
(+0.23)
ZAR/JPY
0.14
(+0.33)
Gold
1723.73
(-0.71)
Silver
26.55
(-0.54)
Platinum
1203.50
(+0.50)
Brent Crude
62.54
(-1.55)
Palladium
2356.00
(-0.69)
All Share
68905.68
(+0.58)
Top 40
63426.38
(+0.51)
Financial 15
12673.74
(+0.84)
Industrial 25
90013.62
(+0.97)
Resource 10
70348.62
(-0.27)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo