‘Stadsrakkertjie’ wat lekker hoog loop

=Met die Ignis wat so lekker kort draai, is daar binne sekondes om dié wêreld gery.                   Fotos:HEILIE COMBRINCK
=Met die Ignis wat so lekker kort draai, is daar binne sekondes om dié wêreld gery. Fotos:HEILIE COMBRINCK

Magtig maar die Suzuki Ignis is nou vir jou ’n parmantige stadsnuts-rondrits-rakker!

Vir ’n toetsrit in dié klein motor val die padkaart en toerisme-brosjures oop op Woody Cape, Alexandria en die Sibuya, Ka-riega, Kikuyu en Amakhala wildskontrei.

Lieflike grondpaaie wat kronkel deur inheemse kuswoud, langs die asemrowende grootste bewegende duineveld in die suide-like halfrond, tussendeur melk- en natuurreservate.

Hoewel die Ignis in die kompakte stads-motor segment val, het hy ’n 180mm grondvryhoogte. Daarom die roetekeuse om al die fasette van dié veelsydige Ignis 1.2 GLX te toets.

Ahaa ... dit lyk anders

Sommer met die inklimslag is dit ahaa ... hier voel en lyk dinge anders. Jy sit hoër en het ’n goeie uitsig.

Die binnekant is ruim vir ’n kompakte motor. Die kontrasterende kleurskakerings (binne en buite) is speels-anders as die ge-wone outjies in dié marksegment. Nog ’n anderster ding is die beheerpaneel se plat oppervlak, heel gerieflik om ’n padkaart of wat ook al op neer te sit.

Die Ingis word sleutelloos aan- en afge-skakel. Verder het dit al die basiese nodige elektroniese skakelknoppies vir oop-en-toe en aan-en-af.

’n Prominente vierkantige musieksentrum is ’n gerieflike hoogte en reikwydte van die stuur af. Die musieksentrum (CD/MP3/USB) kan ook vanaf skakelknoppies op die stuurwiel beheer word.

In die stad hanteer die Ignis soos ’n warm mes deur plaasbotter. Sag en beslis. ’n Tiekie is nou nie meer ’n geldterm wat mense ken nie, so sal ek dan maar sê die Ignis draai so kort dit voel of hy in sy eie agterent gaan vasry. Dit is lekker vir parkering of om om te draai op ’n smal pad sonder skouers.

Op die ooppad is die Ignis se 61kW enjin gewillig en die vyfspoed-handratkas se werkverrigting is goed met sy wringkrag van 113Nm by 4200 r/min. Daar is geen huiwering wanneer ’n voertuig verbygesteek moet word nie. In Alexandria aangekom, word daar eers gestop om by Maureen Quin in haar beeldetuin tee te drink. Die kreatiewe energie hier is só inspirerend, ’n mens kyk met nuwe oë om na die res van die roete se natuurprag.

Vat die Ignis die grondpad, wat nogal lelik uitgetrap is deur al die melklorries, is dit verbasend hoe padvas die outjie is. Sommer met die eerste paar skerp kronkeldraaie het die Ignis hom bewys dat hy nie gatswaaierig is nie.

Die agterpassasier het wel gekla van te veel skud, maar met agtersitplekke na aan die agteras en die pad wat sinkplaat gery is, is dit te verwagte. Nadat die agterwiele se teerpad-kilopascal so effens afgeblaas is, was dié geskud ook verlig.

Om die wêreld in ’n paar sekondes

Op die plato was dit weer tyd vir stop, koffie, piekniek en om die Woody Cape duine te bekyk. Die bagasieruim is smal, maar diep en die 260 liter pakplek is genoeg vir ’n stewige piekniekmandjie, ’n maand se inkopies of ’n naweek se tasse vir twee.

Dié Woody Cape duine is die grootste duinestelsel in die suidelike halfrond wat konstant beweeg én al groter word. Dit strek oor 80km en is op plekke 5km wyd. Van dié duine is tot 150m hoog.

Terug op die pad deur die Sibuya, Kariega en Kikuyu wild-areas het die Ignis se remstelsel hom goed gedra vir die paar keer wat remme aangeslaan moes word vir ’n bokkie of vlakvark wat die pad kruis of ’n skilpad in die middel van die ryvlak.

Vir ’n son-sakkertjie is daar by die Karel Landman-aardbol gestop. Onweerstaanbaar was die versoeking ... en nou is ek vir seker die enigste mens wat met ’n Ignis binne ’n paar sekondes om die wêreld gery het!

’n Donderbui het ons aangejaag. Op die sopnat teerpad het die Ignis geklou terwyl die welkome reendruppels sy stofkleed afgewas het.

Die Suzuki Ignis is een van tien 2018 Wesbank Motor-van-die-Jaar finaliste wat aangebied word saam met die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste. En was die naaswenner in die Wêreld Motor-van-die-Jaar kompetisie.

Suzuki Ignis prys vanaf R169 000. Die gemiddelde brandstofverbruik tydens die toetsrit was 6.4 liter/100 km.

  • Vir meer oor die Suzuki Ingis gaan loer by SuzukiAuto.co.za
We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Is social media doing more harm than good?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, our children are exposed and we can't protect them
49% - 4123 votes
Yes, but social media is part of the new reality
46% - 3814 votes
No, it's great for growing a child's world view
5% - 411 votes
Vote
USD/ZAR
14.06
-1.0%
GBP/ZAR
19.68
-0.4%
EUR/ZAR
17.10
-0.3%
AUD/ZAR
11.03
-0.3%
JPY/ZAR
0.13
-0.6%
Gold
1,830.44
+0.9%
Silver
27.44
+0.5%
Palladium
2,933.04
-0.6%
Platinum
1,256.51
+0.1%
Brent Crude
68.09
-1.3%
Top 40
62,573
+1.4%
All Share
68,520
+1.4%
Resource 10
71,474
+2.1%
Industrial 25
86,856
+0.9%
Financial 15
12,711
+1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo