Tiere se staatmaker hoof sterf

Sampie Marais, skoolhoof van HTS Daniel Pienaar, het verlede Donderdag gesterf terwyl hy gehelp het om ’n misdadiger aan te keer wat leerders se selfone gesteel het.                Foto:HEILIE COMBRINCK
Sampie Marais, skoolhoof van HTS Daniel Pienaar, het verlede Donderdag gesterf terwyl hy gehelp het om ’n misdadiger aan te keer wat leerders se selfone gesteel het. Foto:HEILIE COMBRINCK

SAMUEL “Sampie” Marais (59) skoolhoof van HTS Daniel Pienaar, het sy lewe toegewy aan dié skool en sy leerders - hy was ’n Tier in murg en been.

Marais is verlede Donderdag, 29 Augustus, oorlede - vermoedelik na ’n massiewe hartaanval - terwyl hy op die spoor was van twee misdadigers wat leerders se lewens bedreig het.

Volgens kaptein Gerda Swart, polisiewoordvoerder van die Uitenhage polisie, het twee DP-leerders in Daniel Pienaarrylaan geloop toe twee onbekende mans hulle met ’n mes gedreig het en twee selfone by hulle gevat het.

“Die leerders het terug skool toe gehardloop en Marais, wat by ’n krieketwedstryd was, is daarvan vertel. Die leerders het saam met Marais en nog ’n onderwyser in sy Land Rover geklim om die misdadigers te gaan soek,” sê kaptein Swart.

Een van die verdagtes, ’n 17-jarige, is in Buxtonlaan aangekeer met die hulp van ’n lid uit die gemeenskap.

“Marais het by die verdagte gestaan toe hy skielik ineengestort het. ’n Ambulans is ontbied en Marais is op die toneel dood verklaar.

“Een van die verdagtes is in hegtenis ge-neem. ’n Saak van roof word ondersoek. ’n Geregtelike doodsondersoek word ook gedoen,” sê Swart.

Kola du Toit, ’n adjunkhoof by DP, betreur Marais se afsterwe en sê, “Sampie se dood is vir ons almal ’n groot skok. Daarom is berading by die skool beskikbaar vir leerders sowel as onderwysers en veral vir die twee leerders wat op die toneel was.

“Sampie het die gemeenskap geken soos die palm van sy hand en dit is een van die redes waarom hy so ’n uitstekende skoolhoof was.

“Hy was streng, maar het ’n hart vol vergifnis gehad. Sy sin vir humor was lieflik. Hy was ook ’n sterk gelowige man.

“Al hierdie eienskappe het hom ’n geliefde mens, nie net in die skool nie, maar in die hele gemeenskap gemaak.”

Met Marais se inhuldiging as skoolhoof van DP in 2018, het hy gesê hy wil daarop voortbou dat leerders, ouers, onderwysers en veral oudskoliere en ondersteuners betrokke bly en tuis voel by DP en deel bly van die Tierfamilie.

DP het vanjaar sy 124ste jaar gevier en is die oudste tegniese skool in Suid-Afrika.

Dié skool is ook Marais se alma mater waar hy gematrikuleer het en in 1984 teruggekeer het as onderwyser in die elektriese tegnologie afdeling, waarvan hy in 1992 tot departements-hoof bevorder is.

In 2015 het hy die leisels as adjunkhoof oorgeneem en daarna as waarnemende skoolhoof met die aftrede van die vorige skoolhoof, Nico Claassen.

DP lê die Marais-gesin na aan die hart want dit is ook hier waar Sampie se vrou, Crystelle, as vakhoof van die Engelse departement skoolhou én waar hul oudste seun Dieter ’n onderhoofleier was en gematrikuleer het. Hy is tans ’n kommersiële duiker. Hul ander seuns is Karel Otto, wat ook in DP en in graad 10 is, terwyl hul jongste seun Conrad nog op laerskool is, maar beslis ’n Tier in murg en been wil word soos sy pa.

Buiten Marais se passie vir skoolhou, was hy ook ’n begaafde musikant en kon kitaar sowel as konsertina speel. Onder sy musikale leiding was die skool se Boereorkes eens die nasionale wenners. Sy ander passies was fotografie, sport, tuinmaak en sy geliefde Land Rover.

’n Herdenkingsdiens is gister (Woensdag, 4 September) vir Marais gehou in die NG Moedergemeente-kerk op Uitenhage.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When assisting your child with remote learning this year, did you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Follow the school's comprehensive sexuality education (CSE) curriculum?
13% - 260 votes
Adjust the CSE curriculum to suit the family's morals?
24% - 471 votes
Ignore the schools CSE programme and do your own teaching?
63% - 1259 votes
Vote
ZAR/USD
15.25
(+1.19)
ZAR/GBP
20.35
(+1.10)
ZAR/EUR
18.29
(+0.74)
ZAR/AUD
11.21
(+1.23)
ZAR/JPY
0.15
(+1.35)
Gold
1808.19
(+1.67)
Silver
23.62
(+4.31)
Platinum
991.00
(+2.63)
Brent Crude
47.66
(-0.77)
Palladium
2416.50
(+2.39)
All Share
57441.46
(+0.61)
Top 40
52673.63
(+0.57)
Financial 15
11188.87
(+0.27)
Industrial 25
79034.12
(+0.09)
Resource 10
53435.84
(+1.39)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo