UD Express lesers verwelkom die verandering

Brendon Maqolo.
Brendon Maqolo.
  • Brendon Maqolo van Reservoir Hills: Ek het opgelet dat dit nou die UD Express is. Ek hou nogal van die naam. Dit maak nie veel verskil vir my nie, want die UD is nog daar. Dit klink reg vir my nou want dis nou deel van die Nelson Mandelabaai. Dit maak nou sin. Uitenhage en Despatch is mos nie die Baai nie, en ek voel nou ’n bietjie nader daaraan. Ek lees eintlik net die sport kant van die koerant. Ek hou ook daarvan om te lees van die jeug met hulle modelling en matriekafskeid funksies. Dis waarom ek die sport kant lees, want dit gaan oor skole nuus.
  • Leoné Killian van Mosel: Ek het sommer daardie eerste dag al opgelet dat die naam verander het. Daar is niks verkeerd met die nuwe naam nie. Ek hou daarvan. Die lewe gaan aan. Alles moet verander. Ek is ’n gemaklike mens. Ek gaan saam met die veranderinge. Ek geniet veral die advertensies in die UD, ook dié van die huise. Ek is lief om na dit te kyk, sowel as die blad oor die woonstelle. Dis goed om ook te lees oor al die goed wat in Uitenhage plaasvind, want jy hoor dit so min.
  • MC Barnard van Fairbridge Heights: Ja, ek het opgelet dat die naam verander het. Daar is niks fout met dit nie. Ek hou baie daarvan. Die inhoud en so is nog dieselfde so dit pla my glad nie. Ek lees my UD graag. Ek sien uit na dit. Vir my is dit nog eintlik dieselfde. Ek lees die koerant van voor tot agter. Ek kyk maar na als, selfs die advertensies. Die UD bevat al die lekker plaaslike nuus en ek sien gedurig van my ou vriende daarin.
  • Juanita Robinson van Thomas Gamble: Ek het gesien dat die UD se naam verander het. Dis ’n goeie naam en verandering is altyd goed. Ek is baie beïndruk met die UD en baie trots op Heilie. Ek voel definitief meer deel van die Nelson Mandelabaai nou dat die UD dieselfde handelsnaam het as die PE Express. Ek lees graag oor sterfgevalle in die koerant, sowel as die sport, veral die skole nuus, werkgeleenthede, die huis advertensies en nuus oor die burgemeester se betrokkenheid in die gemeenskap.
  • Shireen Simons of Reservoir Hills: No, I didn’t notice that the UD’s name had changed. The name change does not really make a difference to me. It’s the same news that is in the paper. I don’t mind change. I definitely feel closer to the Nelson Mandela Bay now that it has the Express name. I normally like to read the local news, the things that happen here (in Despatch) among us, especially what happens in the schools, the development of our children and new programmes that are launched. Anything that has to do with our community, I really do like that. I like reading about the children going places, especially those from the rural communities.
  • Siebert Neethling van Bothasrus: Ek het gesien dat die koerant se naam verander het na Express. Daar is niks verkeerd met die nuwe naam nie. Die UD is darem nog daar, so ek het geen probleem met die verandering nie. Ek voel nie noodwendig meer deel van die Nelson Mandelabaai nou dat die naam verander het nie. Hulle was maar nog altyd deel van mekaar. Dit maak nie veel verskil nie. Ek lees graag die sport nuus as daar is. Anders fokus ek nie regtig op iets spesifiek nie.
We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
As a child or as an adult, have you ever been a victim of bullying?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, at school
55% - 4088 votes
Yes, at work
18% - 1319 votes
No, I've never experienced this
27% - 2036 votes
Vote
USD/ZAR
14.27
(+0.2)
GBP/ZAR
19.79
(-0.3)
EUR/ZAR
17.21
(+0.4)
AUD/ZAR
11.04
(-0.1)
JPY/ZAR
0.13
(+0.1)
Gold
1,783.60
(-0.6)
Silver
26.32
(-0.9)
Platinum
1,216.00
(-0.1)
Brent Crude
65.32
(-1.9)
Palladium
2,865.50
(-0.5)
All Share
67,061
(-0.1)
Top 40
61,269
(-0.2)
Financial 15
12,113
(-0.1)
Industrial 25
86,798
(+0.1)
Resource 10
68,878
(-0.5)
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo