UD Express

Vliegduif haal R14 500 op veiling

Die Oos-Kaap Nasionale Hokveiling het 86 wedvlugduiwe van regoor die land aangebied wat groot belangstelling onder 70 duiweboere uitgelok het.

“Soos verwag, was daar groot belangstelling in die Poggenpoel-duiwe en die wenner van die hoofwedvlug vanaf Ladybrand was ’n duif van niemand anders nie, as Mnr. Poggenpoel,” sê Hennie le Roux van die Despatch Posduifklub.

“Poggenpoel het sy wenduif teruggekoop vir ’n rekordbedrag van R14 500. ’n Duiweboer van Welkom het teen hom gebie.”

Volgens Le Roux kom dié duif uit ’n wen-familie en gaan nou na die broeihok waar dit hopelik nog wenners vir Poggenpoel gaan teel.

Die Suid-Afrikaanse Posduif-organisasie (SANPO) het die Nasionale Hok vir ’n verdere jaar aan die Oos-Kaap toegeken en Despatch Posduifklub sal die hok bestuur.

“Duiweboere in Nelson Mandela-baai is bevoorreg om só ’n hok in hulle midde te mag hê. Dit is die enigste hok in die land wat onder die beheer is van SANPO is,” sê Le Roux.

Die duif-inname vir die 2016 seisoen is reeds oop en daar word tussen 600 en 800 inskrywings verwag. Om dit meer bekostigbaar te maak is die inskrywingsfooi vir die seisoen na R900 per duif verlaag. Groep-inskrywings is R4 900 vir 7 duiwe.

“Volgens die begroting van SANPO behoort die totale prysgeld in die omgewing van R200 000 te wees. Dit is te sê as daar meer as 600 duiwe in die hok gaan wees,” sê Le Roux.

Belangstellendes, nie noodwendig duiweboere nie, word uitgenooi om in te skryf. Sindikate kan gevorm word tussen duiweboere en belangstellendes uit die publiek. Vir meer inligting bel Boertjie Nell by 083 709 2067.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
As South Africa faces down the third Covid-19 wave, how are you keeping your family safe ?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Staying at home, isolating and being careful
3% - 1432 votes
Sanitising and wearing masks when we go out
14% - 5621 votes
Going on as usual, we're not afraid of the virus
83% - 33910 votes
Vote
Rand - Dollar
13.98
+0.9%
Rand - Pound
19.84
+0.5%
Rand - Euro
17.08
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.5%
Rand - Yen
0.13
+0.6%
Gold
1,867.57
+0.0%
Silver
28.22
+0.2%
Palladium
2,910.32
+0.3%
Platinum
1,225.64
-1.5%
Brent Crude
69.46
+1.1%
Top 40
61,190
-0.0%
All Share
67,255
+0.1%
Resource 10
70,784
+0.2%
Industrial 25
83,774
-0.3%
Financial 15
12,689
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo