Bloemfontein. – ’n Klag is by die polisie ingedien nadat ’n verregse aktivis op Facebook gespog het dat hy die monument vir Boerevroue en -kinders in die Balmoral-konsentrasiekamp in Mpumalanga verniel het.
Genl.maj. Gert Opperman, uitvoerende hoof van die Voortrekkermuseum en Erfenisstigting, het bevestig hy het ’n klagte by die SA Erfenishulpbronagentskap en die polisie ingedien.
Mnr. Günter Jurgens Kotzé (32), wat homself ’n “Boere-Viking” en “Babilon se vyand nommer een” noem, wys op Facebook foto’s van homself by die stukkende monument en sê die Bybel beveel ’n mens om ’n obelisk te vernietig.
’n Obelisk is volgens hom van Baal en dus “duiwels”.
Kotzé is een van die mans wat saam met kmdt. Willem Ratte op ’n plaas by Balmoral in hegtenis geneem en later van diefstal, die onwettige besit van vuurwapens en ook dwelmhandel aangekla is.
Hy is een van die mans wat toe op waarskuwing vrygelaat en onder korrektiewe toesig geplaas is.
Op ’n stelling deur een van sy Facebook-vriende dat hy hoop Kotzé gaan nie in die moeilikheid beland nie, reageer Kotzé as volg:
“Ek gee niks om nie. Dit is my eerste een en ek het ’n kettingreaksie aan die gang gesit wat sal lei tot die verwoesting van die trance scene ... en die verwoesting van alle paganistiese items.”
Lees 'Boere-Viking' lieg.
Volg Beeld op Twitter. Klik hier.