Melkboer op verjaardag geskiet

’n Melkboer het, voordat hy geskiet is, met sy aanvallers gestoei wat sy slaapkamer ingekom het deur ’n reuse-boomstomp deur die venster te gooi.

Hibbe van der Veen het vermoedelik daarna voor sy kamerdeur geval wat veroorsaak het dat sy neef nie die deur kon oopmaak om hom te help nie.

Van der Veen is in die waakeenheid van die Wilgers-hospitaal in Pretoria.

Sy toestand was teen gisteraand stabiel. Die koeël het by sy buik ingegaan en agter by sy boud uitgekom. Sy ingewande is erg beskadig.

Dié nagmerrie-voorval het hom eergisteraand tussen 23:00 en middernag, op Van der Veen se 64ste verjaardag, op ’n plaas buite Bronkhorstspruit afgespeel. Van der Veen het in 1974 van Nederland na Suid-Afrika gekom.

“Ek weet nie of my pa in sy bed was toe hy geskiet is nie, maar hy het vir my gesê hy het met hulle gestoei,” het Rudolf van der Veen (43) gisteraand gesê.

“Watter soort barbaar skiet ’n man in sy bed? Vir my pa was dit nie ’n kwessie van of dit gaan gebeur nie, maar eerder wanneer dit gaan gebeur, want dit is deesdae hoe die wêreld is. Boere is sagte teikens.”

Volgens Van der Veen jr. is sy pa ’n sterk man “wat Bismarck du Plessis sal skrum”. Hy melk ook soggens self sy 20 beeste.

Van der Veen jr. was gister heeldag by sy pa se huis wat hy met sy neef, Jurie Smith (65), en dié se vrou, Bettie (60), deel.

Die boomstomp het nog in sy pa se kamer gelê.

Van der Veen jr. het gesê drie mans het sy pa oorval.

Smith het wakker geword van die rumoer in sy neef se kamer, wat langs syne is.

“Jurie het na my pa se kamer gegaan. Toe hy my pa se kamerdeur oopmaak, het hy in ’n vuurwapen se loop vasgekyk,” het Van der Veen jr. gesê.

“Hy het na sy eie kamer gegaan, die deur toegemaak en ’n skoot met sy vuurwapen geskiet. Jurie het blykbaar een van die mans getref voordat hulle gevlug het. Al wat weg is, is my pa se Nokia-selfoon wat ’n mens by Pep koop.”

Johannes Jaftha, polisiewoordvoerder, het gesê toe die huis stil word, het Smith na Van der Veen sr. se kamer gegaan. Hy kon nie die deur oopkry nie.

Smith het die buurman gebel wat hom gehelp het om die deur oop te forseer. Van der Veen sr. het teen die deur gelê.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For 14 free days, you can have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today. Thereafter you will be billed R75 per month. You can cancel anytime and if you cancel within 14 days you won't be billed. 
Subscribe to News24
Rand - Dollar
15.63
+0.6%
Rand - Pound
19.73
+0.5%
Rand - Euro
16.77
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.18
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.6%
Gold
1,853.61
+0.2%
Silver
22.10
+0.4%
Palladium
2,072.00
+2.5%
Platinum
955.50
+0.5%
Brent Crude
117.40
+2.9%
Top 40
63,883
+1.4%
All Share
70,486
+1.4%
Resource 10
76,948
+0.6%
Industrial 25
76,115
+1.3%
Financial 15
16,257
+2.5%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE