Raaswater. – Oupa Andries Olyn, laaste manlike spreker van die N/u-taal, is Sondag in die ouderdom van 79 dood.
Hy kon nooit sy hartsbegeerte uitleef om weer in die Kalahari te gaan woon nie, het sy dogter, Maria Hoorn (35), gister gesê.
Olyn is in die Kalahari naby Askham gebore en het sedert sy kinderdae op plase in die Kalahari gewerk.
Volgens sy dogter het hy in die 1960’s na Upington gekom en by die munisipale besproeiingsraad gewerk. “Hy het later op die erwe gewerk en toe hy ouer word ook in die boere se tuine. Hy was baie lief vir werk en moes altyd besig bly.”
Olyn is egter bekend om sy werk om die byna uitgestorwe N/u-taal te laat herleef. Saam met Aenki Kassie, wat vroeër vanjaar oorlede is, en Ouma Katrigwa (Katriena) Esau het hy waardevolle werk verrig om die taal met die hulp van linguiste uit Duitsland en die VSA te laat opneem.
Volgens National Geographic se Enduring Voices-projek sterf elke 14 dae nog ’n taal in die wêreld uit. Teen 2100 sal meer as die helfte van die 7 000 tale wat wêreldwyd gepraat word, uitgesterf wees. Baie van dié tale is nog nie opgeneem vir bewaring nie.
Volgens die Enduring Voices-projek is die bewaring van tale belangrik omdat waardevolle geskiedkundige, kultuur- en natuurlike omgewingskennis verlore gaan as tale uitsterf.