AS jy die kans kry om die nuwe Suzuki Swift 1.2 GLX MT te toetsbestuur moet jy die geleent-heid ten spyte van die inperkingsregulasies en zero moolah aangryp.
Boonop is die motortjie, net soos alle Suziki’s ook lig op petrol, sluk glo so 4.9 liter/per 100 km gemiddeld, so ’n 116 km road trip na Oesterbaai was darem haalbaar!
Met dié dat sosiale afstande gehandhaaf moet word was die idee van ’n piekniek op ’n afgeleë strand ook dan ’n verstandige besluit!