Godsaak oneindig groot skade aangedoen

Noudat hierdie onverkwiklike spektakel oor die wegraping verby is, sou mens wou hoop dat dit vir goed is.

Maar helaas verneem ons dat hierdie bende pionne so werklik weer op pad terug na die Bybel is vir ’n vars aanloop van somme!

Met verdriet word die werklike les agtergelaat, naamlik dat mense so besig kan raak met die Woord van God dat hulle die God van die Woord nog nooit begryp het nie.

Oor RSG het Johannes Coetzee hom binne minute weerspreek, maar so aangestoom dat selfs die gedugte Ian Wessels tevergeefs probeer het om sy eie program op rigting te hou. Dit het my onwillekeurig laat dink aan ’n menslike CD-speler waarvan die pause-knop nou en dan vir asem gedruk is, net om ’n oomblik later weer ongesteurd voort te dreun.

Dat die volgelinge van ’n eiewyse ou fossiel oorkant die water hulle met goed en bloed vasgeloop het en nou in hul selfgemaakte ellende verkeer, roer my min. Maar die pynlike skade wat aan die siele van vertrouende medegelowige mense aangerig is, pla my wel!

En waar dit tydelik was, is die oneindig groter skade aan die saak van God weens die skep van twyfel by gelowiges onverskoonbaar.
Voting Booth
How has lockdown affected your relationship with your partner?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
There is increased closeness and devotion
27% - 120 votes
It has suffered irreversible damage
21% - 94 votes
Nothing has changed
52% - 236 votes
Vote
ZAR/USD
16.81
(+0.09)
ZAR/GBP
21.33
(-0.19)
ZAR/EUR
19.01
(+0.67)
ZAR/AUD
11.73
(-0.15)
ZAR/JPY
0.15
(+0.64)
Gold
1683.93
(-1.60)
Silver
17.39
(-1.29)
Platinum
816.00
(-2.44)
Brent Crude
39.83
(+0.50)
Palladium
1944.00
(+1.29)
All Share
54722.38
(+2.85)
Top 40
50199.80
(+2.79)
Financial 15
11467.53
(+4.66)
Industrial 25
74264.52
(+2.52)
Resource 10
49969.31
(+2.29)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo