Kaapstad - Die Moederstad kry eersdaags ’n gebeurlikheidsplan vir aardbewings.
Die stadsowerheid maak planne hiervoor indien ’n seismiese voorval hier sou plaasvind.
’n Taakspan sal volgens Greg Pillay, hoof van die stadsraad se rampbestuursentrum, hiervoor byeengeroep word.
Hy is genader oor Kaapstad se gereedheid nadat ’n verwoestende aardbewing Christchurch in Nieu-Seeland onlangs geruk het.
Sedertdien het die enorme skuddings in Japan die risiko van dié natuurverskynsel op stadsgebiede opnuut beklemtoon.
’n Oorkoepelende rampbestuursplan is in plek, daar is soek- en-reddingspanne en die nooddienste weet wat om te doen as geboue sou intuimel, het Pillay gesê.
Die moontlikheid van ’n aardbewing is volgens Eskom-bronne bereken in die ontwerp van die sowat 20 jaar oue Koeberg-kernkragsentrale.
Hoewel Suid-Afrika in verhouding met ander wêrelddele ’n relatiewe laerisiko-gebied vir aardbewings is, kan dit wel voorkom (veral in gebiede waar seismologiese aktiwiteite al voorgekom het).
Kaapstad het volgens historiese rekords al deurgeloop onder ’n aardbewing. ’n Aardbewing het op 4 Desember 1809 hier voorgekom.
“Die 1809-skudding hier was min of meer so groot soos die een wat Christchurch in Februarie geskud het,” het dr. Chris Hartnady, tegniese en navorsingsdirekteur van Umvoto Africa, gesê. Hy is ’n kenner van geotektoniek.
Volgens ooggetuies het die 1809-skudding skeure in die grond gelaat op Jan Biesjes Kraal, waar die ou plaashuis in puin gelê is.
Die episentrum van dié skudding was ongeveer 16 km van Kaapstad, langs die kus tussen Melkbosstrand en Robbeneiland.
Dit het ongeveer 6,0 tot 6,2 op die Richterskaal gemeet (sowat 10 m tot 15 m onder die aardkors).
Naas die 1809-skudding het skuddings ook in April 1620, September 1695 en Junie 1811 naby Kaapstad voorgekom, het Hartnady gesê.
’n Ligte trilling is in Mei 2003 in Kaapstad gevoel.
“Die episentrum van dié skuddings volg ’n geologiese struktuur wat as die sogenaamde Milnerton-verskuiwingslyn bekend staan.”
Dié geologiese verskuiwingslyn lê in ’n suidoostelike rigting, sowat 8 km van Koeberg see in.
“Christchurch is geleë naby die aktiewe Australië-Stille Oseaan-plaatgrens en groot aardbewings word daar verwag. Kaapstad is ’n aansienlike ent van die naaste plaatgrens af.”
Volgens scenario-ontledings wat Hartnady en prof. Max Wyss van die Geneefse World Agency for Planetary Monitoring and Earthquake Risk Reduction in 2006 ontwikkel het, sal die Rietvlei-omgewing die kwaaiste deurloop as so ’n skudding weer hier voorkom.