Soos ‘iets uit die Wilde Weste’

Drie verregses se mislukte aanval op ’n opleidingskamp vir veiligheidswagte het daartoe gelei dat ’n moontlike komplot onthul is om ’n volgepakte kerk in Mookgophong (Naboomspruit) op te blaas.

Dié drie regses, wat beskryf is as “iets uit die Wilde Weste”, met plofstof in hul motor en “?’n moerse aanvalspak”, het Donderdagaand glo ’n wraakaanval probeer uitvoer op die opleidingskamp Boekenhoutlaagte, suid van die dorp, waar hulle vroeër onsuksesvol probeer het om self die opleidingsprogram te voltooi.

Die drie het na bewering die plaas se elektriese hek oopgedwing en vir die mense wat daar woon gesê “ons gaan julle opblaas”. Hulle het twee tente aan die brand gesteek en toe probeer vlug, maar is deur die plaas se inwoners aangekeer.

Mnre. Juan “Snorre” van Zyl (48), Tommy Oosthuizen (50) en Gun-ther Jurgens Kotze (31) is intussen in hegtenis geneem. Allerlei okkulte en godsdienstige parafernalia is ook in hul besit gevind.

Volgens mnr. Andries Janse van Vuuren, direkteur van plaasbeveiliging van die Boerebeskermingsforum (BBF), wat die opleidingsplaas bedryf waarop die aanval plaasgevind het, het Oosthuizen vermoedelik vir die polisie gesê hy dink sy makkers het beplan om ’n kerk in die dorp of in Mokopane (Potgietersrus) op te blaas.

Die polisie vermoed die kerkaanval sou vandag plaasgevind het en dat ’n NG of Hervormde kerk die teiken was.

Janse van Vuuren het gesê die drie mans het sowat twee weke gelede by die opleidingskamp opgedaag om vir opleiding as veiligheidswagte “geëvalueer” te word, maar ná ’n paar dae was dit duidelik hulle gaan ’n probleem wees en hulle is gevra om op hul eie in hul tente te bly.

Dit is dié tente wat hulle Donderdagaand aan die brand gesteek het.

“Gunther het so ’n moerse aanvalspak, jy moes dit sien. Ons noem hom ‘Gladiator’, want hy glo hy lewe nog in die Bybelse tyd. Hy en Van Zyl behoort aan die een of ander Israelitiese geloof.”

Die drie het glo byna ’n week lank verdwyn voordat hulle Donderdagaand daar opgedaag het om die plaas op te blaas.

“Ek en een van die ander mans het hulle aangekeer en vasgebind. Ons het toe die polisie ontbied.

“Daar is plofstof in hul motor gevind. Dit is soos die regte Wilde Weste.”

Volgens hom is die BBF nie ’n regse beweging nie. “Ons is ’n vrywillige assosiasie en gee vir werklose veiligheidswagte werk.”

Desondanks het sowat 50 polisielede Vrydagoggend op die opleidingsplaas, waar ’n Vierkleur op die paradeterrein wapper, toegesak om vas te stel of daar nog moeilikheid kom. Die polisie het op die Vierkleur beslag gelê.

Brig. Hangwani Mulaud-zi, provinsiale polisiewoordvoerder, het in ’n verklaring gesê die polisie het onder die drie verdagtes se besittings op tuisgemaakte swaarde, knuppels met ysterpunte, valhelms, koeëlvaste baadjies en vermoedelik plofstofmateriaal afgekom. Daar is ook pamflette met pentagramme en die naam “Lucifer” in die motor gevind. Twee “verregse Bybels”, wat aan Kotze behoort, is ook gekry.

’n Polisielid het gesê daar is ’n videokamera in die motor gevind met beeldmateriaal van verskeie kerke.

Inwoners van die dorp het geskok gereageer.

“Ek onthou hulle, want die eerste keer wat hulle hier opgedaag het, het hulle uitgestaan. Hulle was baie rassisties en die ou met die cowboy-hoed (Van Zyl) het die Vierkleur op sy hemp gehad,” het ’n plaaslike restauranteienaar aan Rapport gesê.

Kotze was verlede jaar ook in die nuus toe hy ’n Voortrekkermonument in Witbank (eMalahleni) verniel het omdat dit volgens hom ’n simbool van “Satan se penis” was. Hy het soms ook die naam “Boereviking” vir homself gebruik.
We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For 14 free days, you can have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today. Thereafter you will be billed R75 per month. You can cancel anytime and if you cancel within 14 days you won't be billed. 
Subscribe to News24
Voting Booth
What are your thoughts on the possibility of having permanent Stage 2 or 3 load shedding?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
I'll take that over constant schedule changes
13% - 1500 votes
Why are we normalising Eskom’s mess?
72% - 8224 votes
I've already found alternative ways of powering my home/business
15% - 1709 votes
Vote
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pound
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Gold
1,865.16
0.0%
Silver
22.35
0.0%
Brent Crude
79.94
-2.8%
Top 40
74,082
+0.6%
All Share
80,241
+0.6%
Resource 10
75,186
+0.7%
Industrial 25
103,461
+0.8%
Financial 15
16,550
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE