STILTETYD

As jy bestekopname van jou reis deur 2018 moet doen, hoe sou jy dit beskryf? Aan wie of watter faktore skryf jy die sukses of mislukking van jou lewensreis toe? Elkeen van ons se lewensreis is uniek. Daar was ’n eeu of so gelede ’n wedloop om eerste die Suidpool te bereik. Die eerste mense wie se name aangeteken is om amptelik die prestasie te bereik was die ekspedisie van Roald Amundsen. Die roete het na bewering 99 dae geduur en ’n afstand van 3440 kilometer is afgelê. Die bagasie en toerusting is deur honde per slee vervoer.

Dit was ’n uitdagende roete deur die ysige landskap, wat gekenmerk is deur sneeustorms, swak sig en ander gevare. Tog is Amundsen en sy span suksesvol gewees in die bereiking van hul doelwit om die Suidpool te bereik.

Amundsen word so aangehaal as hy gevra word na kommentaar oor sy reis: “I may say that this is the greatest factor: the way in which the expedition is equipped, the way in which every difficulty is foreseen, and precautions taken for meeting or avoiding it.

Victory awaits him who has everything in order, luck, people call it. Defeat is certain for him who has neglected to take the necessary precautions in time, this is called bad luck.”

Ons is deur die jaar 2018 jaar en is reeds in die nuwe een. Dit is tyd om weer bestekopname te doen van die pad waarlangs ons tot hiertoe gekom het. Dis tyd om ons suksesse en mislukkings te vier. Dis tyd om erkenning te gee waar dit nodig is. Christene kyk tog anders na die roete waarlangs hulle in die lewe trek. Ja, hulle het ook te doen met uitdagings en soms lyk dit ook of dinge maar nèt in hulle skoot val. Hulle gee egter altyd erkenning aan God vir Sy leiding. In Hebreërs 2:10 word Christus genoem die Leidsman van ons verlossing. Christene bid ook elke dag om hul daaglikse brood en glo so dat God voorsien in wat nodig is. Kom ons gee erkenning waar dit nodig is. Nie die geluksgodin nie, maar die Allerhoogste het ons met Sy eie hand tot hiertoe gelei.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When assisting your child with remote learning this year, did you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Follow the school's comprehensive sexuality education (CSE) curriculum?
14% - 414 votes
Adjust the CSE curriculum to suit the family's morals?
24% - 718 votes
Ignore the schools CSE programme and do your own teaching?
63% - 1900 votes
Vote
ZAR/USD
15.20
(-0.25)
ZAR/GBP
20.40
(-0.01)
ZAR/EUR
18.42
(-0.06)
ZAR/AUD
11.29
(-0.13)
ZAR/JPY
0.15
(+0.06)
Gold
1835.48
(-0.24)
Silver
24.14
(+0.55)
Platinum
1061.00
(+3.78)
Brent Crude
48.78
(+0.95)
Palladium
2336.01
(+1.71)
All Share
59419.37
(+0.80)
Top 40
54500.04
(+0.61)
Financial 15
11646.83
(+2.17)
Industrial 25
79758.36
(+0.10)
Resource 10
57015.33
(+0.70)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo